Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 23 JULIE 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin vanoggend met die nuus van twee stil sleutels.

Dit is met leedwese dat aankondig moet word dat die sleutel van Jan Lengton, ZS6BBK, op Vrydag 16 Junie stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en baie vriende.

Dit is met leedwese dat aankondig moet word dat die sleutel van Ian Jaffray, ZS1IAJ, stil geword het in sy 79ste jaar. SARL Nuus is nie sekere van die datum van sy afsterwe nie.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy vrou Rose en sy seun en dogter.

POUSE

IN DIE NUUS VANDAG:

DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG

DIE SARL PREMIER HF KOMPETISIE IN AUGUSTUS

en

RADIO AMATEURS HET REEDS DIE ONBEKENDE SPEKTRUM BO 400 GHZ VERKEN

Bly op die hoogte vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

NOG 'N 70 PLUS LID VAN DIE SARL

SARL Nuus wil graag vir Herman 'Yank' Rothenberg, ZS6JH, wat in 1946 by die SARL aangesluit het, geluk wens.

Yank het SARL Nuus voorsien van 'n foto van die eerste na-oorlogse gesamentlike vergadering van die Johannesburg, Pretoria en Oos-Randtakke van die SARL wat op Vrydag 27 Februarie 1948 by Halfweghuis gehou is. Yank en sy toekomstige vrou verskyn op die foto, maar hulle het toe nog nie ontmoet nie.

DIE ZS2 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS2 Naelloop is op die lug vanmiddag vanaf 14:00 tot 15:00 UTC en dit is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en provinsiale of lands afkorting. Die Naelloop is 'n foon en gelykgolf kompetisie op die 40 meter band met 7 000 tot 7 040 kHz vir gelykgolf en 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz vir foon.

ZS2-stasies kry 1 punt vir 'n QSO met 'n ZS2-stasie en 2 punte vir 'n QSO met 'n stasie in die ander ZS-roepareas of Suider-Afrikaanse lande. Alle ander stasies kry 2 punte vir 'n QSO met 'n ZS2-stasie en 1 punt vir 'n QSO met stasies in hul eie of ander ZS-roepareas (uitgesluit ZS2) of Suider-Afrikaanse lande. QSO's met die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, ZS2PE, en die Grens Radioklub, ZS2BRC, is 5 punte elk werd. Slegs een kontak per stasie is toegelaat.

Logstate in ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein ZS2 Naelloop" moet teen 30 Julie 2017 per e-pos aan thmjp200@gmail.com ingedien word. MOENIE die e-pos adres in die 2017 Blou Boek gebruik nie. 'n Sertifikaat word toegeken aan die eerste, tweede en derde plek in die kompetisie.

IOTA KOMPETISIE

Die jaarlikse RSGB-eilande op die lug kompetisie loop vanaf 12:00 UTC op Saterdag 29 Julie tot 12:00 UTC op Sondag 30 Julie met foon en gelykgolf werking van 80 tot 10 m. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en 'n reeksnommer vanaf 1, plus 'n IOTA-verwysingsnommer indien van toepassing. Vind al die inligting by www.rsgbcc.org/hf/rules/2017/iota2017.shtml

DIE SARL PREMIER HF KOMPETISIE IN AUGUSTUS

Augustus sien die Suid-Afrikaanse Radioliga se voorste kompetisie - die SARL HF-kompetisie op die lug. Die kompetisie word oor drie Sondae gehou van 13:00 tot 16:30 UTC op elke dag. Op Sondag 6 Augustus word die HF Foon-kompetisie aangebied, op Sondag 20 Augustus die HF Digitale-kompetisie en Sondag 27 Augustus die HF Gelykgolf-kompetisie. Elke kompetisie vind plaas op die 20, 40 en 80 meter bande.

Jy kan deelneem as 'n enkele operateur enkel band stasie, 'n enkele operateur alle bande stasie, 'n multi-operateur enkel band stasie of 'n multi-operateur alle bande stasie. Individuele mededingers en klubstasies word aangemoedig om mee te ding. In elke kompetisie is die uitruiling 'n RS- of RST-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat begin by 001.

Logstate moet ingedien word in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat en gemerk word "jou roepsein HF Foon of HF Digitaal of HF Gelykgolf," teen 13 Augustus vir die foon kompetisie, 27 Augustus vir die digitale kompetisie en 3 September vir die gelykgolf kompetisie. Logstate moet gestuur word aan zs4bfn@mweb.co.za

Daar is drie trofeë vir die foon kompetisie en twee trofeë elk vir die digitale en gelykgolf kompetisies. Daar is vier trofeë wat al drie kompetisies dek, twee van hierdie trofeë gaan aan die jeug en JDs wat deelneem en daar is 'n trofee vir die Klub met die beste deelname.

Kry al die inligting op bladsy 34 van die 2017 SARL Blouboek.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

RADIO AMATEURS HET REEDS DIE ONBEKENDE SPEKTRUM BO 400 GHZ VERKEN

Radio Amateurs in Duitsland en die VSA was die eerste om kommunikasie bo 400 GHz op die sub-millimeter golflengtes te bewerkstellig. Die eerste baanbreker rekords op hierdie mikrometer golflengtes is met minder as 1 milliwatt oor die siglyn behaal. Dit was as volg:

411 GHz (730 mikrometer) DB6NT en DL1GIN, SSB - 50 meter

403 GHz (744 mikrometer) WA1ZMS en W4WWQ, CW - 1,4 km

322 GHz (931 mikrometer) WA1ZMS en W4WWQ, WBFM -1,4 km

Die Wêreld Radiokommunikasie Konferensie 2019 (WRC-19) oorweeg nuwe toegewings vir land-mobiele en basis dienste in die 275 GHz tot 450 GHz spektrum met sy laer atmosferiese verswakking. Die IARU is oortuig dat ons reeds ons aandeel opgeëis het aangesien die WRC-15 reeds die teenwoordigheid van die amateur radio diens bo 275 GHz erken het.

Die boonste deel van die mikrogolf spektrum oorvleuel met die Diep Infrarooi spektrum, maar word geskei met ‘n nou Terahertz gaping wat 300 GHz tot 3000 GHz (3 THz) dek, dit is ‘n golflengte van 1 - 0,1 mm (100 mikrometer). Dit openbaar ongewone eienskappe soos X-straal eienskappe sonder enige gevaarlike uitstraling, opsporing van pype in beton, sien deur mure en sal deel vorm van die nuwe toegewing.

UITSLAE VAN DIE SARL NUWELING PARTYTJIE

Die uitslae van die SARL Nuweling partytjie is in. Ondanks swak kondisies, het Woody ZS3WL dit tog reggekry om 100 kontakte te werk in die 3 ure wat die kompetisie geduur het. Ons sien uit na die volgende geleentheid in November.

1ste Woody Collet ZS3WL met 444 punte
2de J.C. le Roux ZS1CF met 42 punte
3de Pieter Jacobs ZS6XT met 36 punte

SNUFFELMARK NUUS

Die Pretoria Amateur Radioklub, ZS6PTA, hou hul volgende snuffelmark op Saterdag 29 Julie 2017 by hul gebruiklike plek in Keuningstraat, Silverton, by die Pretoria Ou Motorklub. Die aanvangstyd is 10:00. Die hekke sal om 09:30 vir verkopers open. Almal is welkom. Vir enige navrae oor die Pretoria Amateur Radioklub se snuffelmarkte, kontak asseblief vir Almero du Pisani, ZS6LDP op selnommer 083 938 8955 of stuur 'n epos aan almero@up.ac.za

Die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging (KARTS) se jaarlikse snuffelmark vind plaas om 10:00 op Saterdag 5 Augustus 2017. Die snuffelmark vind plaas by die Nederduits Gereformeerde Kerk gronde op die hoek van Maraboe en Grasuil Straat, Birch Acres, Kempton Park. Al die gewone handelaars sal daar wees en nuwe en gebruikte toerusting verkoop. Daar is baie plek vir individue wat uit hul motor kattebak wil verkoop of ‘n gratis tafel wil bespreek. Daar sal vroeg reeds iets wees om te eet en drink. Hierdie gebeurtenis beloof om ‘n interessante en genotvolle dag te wees. Vir tafel besprekings of enige ander navrae, kontak gerus die klub sekretaresse Lucia ZS6LO, op 082 455 5363 of e-pos club@zs6kts.co.za. KARTS sien uit om jou daar te sien!

ZULULAND ARK AJV

Tydens die algemene jaarvergadering van die Zoeloeland Amateurradioklub, wat op die 16de Julie 2017 te Eshowe plaasgevind het, is die volgende komitee lede verkies.

Voorsitter: Warren Snyders ZS5WOZ
Onder Voorsitter: Gerald Scrooby ZS5GS
Tesourier: Willie Axford ZS5WI
Sekretarese: Dawn Snyders ZS5ME

Lede: Jo Snyders ZS5PO (Redakteur)

Ons wens hulle sterkte toe gedurende hul termyn van diens en bedank die uittreënde lede vir hul harde werk gedurende hul termyn van diens.

VOORTPLANTINGSVERSLAG

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hul eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 en 30 m bande verwag. Plaaslik gaan 60 m gedurende die dag die beste voortplanting oor korter afstande oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die ZS2 Naelloop
25 Julie – sluitingsdatum vir Augustus Radio ZS
29 Julie – die Pretoria Amateurradioklub Snuffelmark
29 – 30 Julie – die RSGB IOTA Kompetisie
5 – 12 Augustus – Streek 1 YOTA Somer Kamp
5 Augustus – die KARTS Snuffelmark
6 Augustus – die SARL HF Foon Kompetisie
9 Augustus – die SARL JD Naelloop
19 - 20 Augustus – die Internasionale Ligtoring en Ligskip Naweek
20 Augustus – die SARL HF Digitale Kompetisie
27 Augustus – die SARL HF Gelykgolf Kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Die ZS2 Naelloop is op die lug vanmiddag vanaf 14:00 tot 15:00 UTC en dit is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Oos-Kaap en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Emile Venter, ZS6V, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003